
Bothaville, 17 Oktober 2025 – Nog ’n onvergeetlike hoofstuk in Suid-Afrika se landbougeskiedenis is vanaand geskryf tydens die Lamb Champs Alfa Dinee, aangebied by Nampo Alfa in Bothaville. Voor ’n gehoor van 450 gaste – insluitend boere, borge en ander eregaste is die titel van Lamb Champs 2025 Nasionale Kampioen toegeken aan Hennie Jonker, wie se uitsonderlike lam in elke beoordelingskategorie uitgestaan het, van op-die-hoef-evaluasie tot by die finale proe.

Paarl, 24 September 2025- Lamb Champs 2025 het vandag geskiedenis gemaak by Hoër Landbouskool Boland in Paarl met twee hoogtepunte: ’n nuwe wêreldrekordprys vir ’n lamkarkas én die aanwysing van die wenners van die Boland-kompetisie.

Die Vrystaatse dorp Parys het met trots die derde kwalifiserende rondte van Lamb Champs 2025 op 6 September by die Afridome aangebied. Met Pick n Pay as hoof borg, Toyota as drywer en Old Mutual as kategorieborg, het die dag boere, vleisliefhebbers en gemeenskappe van regoor, die land saamgebring om gesinsboerdery, gehalte lamsvleis en ware Suid-Afrikaanse erfenis te vier.

Pretoria het rede om trots te wees. Onder aanvoering van hoofborg Pick n Pay, het die vierde uitgawe van hierdie jaarlikse kompetisie weereens gepryk met uitstaande deelname; dit het nie net talle inskrywings gelok nie, maar ook duisende besoekers van regoor die land aangetrek, en die toewyding, gehalte en tradisie van familieboerdery in die kollig geplaas.

Elke sappige lamtjop het ‘n storie. Dit is ‘n storie van gesinne wat voor sonsopkoms begin werk, van generasies se sorg en toewyding, van trots op ‘n produk wat met eerlikheid en harde werk grootgemaak is. Dit is die storie van familieboere – en dit is hoekom Saai Lamb Champs begin het.

Die 2024 Karoo Lamb Champs is vanjaar gehou in die historiese Pastoriestraat in Graaff-Reinet, en het weereens die uitsonderlike kwaliteit en erfenis van Suid-Afrikaanse lamsvleisproduksie ten toon gestel. Dié geleentheid, ’n viering van die beste Karoo-lam, is afgesluit met Chrisna Vermeulen wat as die uiteindelike kampioen gekroon is vir die vervaardiging van die lekkerste lam van die jaar.

Lamb Champs is verheug om ’n nuwe vennootskap met die Karoolam-konsortium aan te kondig vir die komende Karoo Lamb Champs-kompetisie, wat op 14 Desember in Graaff-Reinet plaasvind. Hierdie vennootskap is ’n enorme mylpaal vir Lamb Champs, aangesien dit nog ’n element van egtheid aan die oorsprong (geografiese aanduiding (GI)) van die Karoolam bring, wat die belangrikheid van die beskerming van die unieke, streekspesifieke kwaliteit van gesertifiseerde Karoolam versterk.

Die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief (Saai) is opgewonde om die wenners van die Lamb Champs Reitz 2024-kompetisie aan te kondig, waar die beste lamsvleis in die Vrystaat ten toon gestel en gevier is. Hierdie geleentheid, wat by die Bielie Mielie Feesgronde in Reitz gehou is, het 37 plaaslike boere meegeding om te bepaal wie die lekkerste lam in die streek het.

Albei wenboere het vanjaar vir die eerste keer aan die Lam Champs -kompetisie deelgeneem. Die kompetisie was moeilik en die prysgeld groot, maar albei het die ervaring en voorbereiding baie geniet.

Slaap was op meer maniere as een op almal se lippe tydens 'n kompetisie om die lekkerste lam in die land te vind.

Besoekers aan die Lamb Champs 2024 is gister by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin begroet met die mondwatergeur van geurige lamsvleis wat op 100 spitte braai. Die weer het pragtig saamgespeel en gesorg vir ’n heerlike warm wintersdag toe vanjaar se Lamb Champs-kampioen bekroon is.

Elke sappige lamtjop het ‘n storie. Dit is ‘n storie van gesinne wat voor sonsopkoms begin werk, van generasies se sorg en toewyding, van trots op ‘n produk wat met eerlikheid en harde werk grootgemaak is. Dit is die storie van familieboere – en dit is hoekom Saai Lamb Champs begin het.

Die landbounetwerk Saai bied op Saterdag 20 Julie die derde Lam Champs-kompetisie by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin aan. Boere van regoor Suid-Afrika sal met hul lammers teen mekaar meeding om te bepaal wie die lekkerste lam- en bokvleis produseer.